BuiltWithNOF
Freddie Mong

Die man met die besonderse en unieke stem.

JZ2S087702
JZ2S0824

Freddie Mong is Ďn veelsydige en talentvolle Afrikaanse kunstenaar.

Hy tree landswyd op, van Pretoria tot die Klein Karoo, van die Kaap tot die verre Noorde, selfs in NamibiŽ en Botswana. Optredes strek van troues, verjaarsdae, een-uur konserte en jaareindfunksies tot promosiewerk. Funksies en sangoptredes word in Afrikaans en Engels aangebied.

Klein of groot, formeel of informeel, diť sanger doen dit alles.

Freddie is Ďn kunstenaar van die Select Platemaatskappy en tree jaarliks op by die Klein-Karoo Kunstefees asook Aardklop.

Hy is die ideale kunstenaar om te bespreek vir feeste. Hy behartig al die afgelope drie jaar die groot Visfees in Hentiesbaai, NamibiŽ, en  dit word elke jaar net beter en groter. Hy tree diť jaar ook op as gaskunstenaar by die Kirkwood Wildsfees in die Kaap.

Freddie hou die gehoor aan die gang.

Radiostasies wat gereeld Freddie se musiek speel, is Radio Rippel, Radio IFM, Radio Pretoria, Radio Kragbron, BAY FM in PE, Radio Lichtenburg en Kanaal 7 en NBC in NamibiŽ.

Hy is in 2007 bekroon met die toekenning vir die Beste Country Nuweling deur Radio IFM 102.2. A MAN WITHOUT LOVE van sy debuut-album SOEN MY, DRUK MY was Ďn Toptien treffer. Diť liedjie het in totaal 12 weke op die Toptien gebly.

 

[Tuisblad] [Musiek] [Kontak my]